LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Vlinders In Die Wind

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Ek sien jou lag in die mooiste helder blou
In die son se strale dans jy op die dou
Jou vlerke sweef soos note met die wind
Daar is waar my hart se klop jou vind

Ek moes leer hoe om weer te glo.
Ons liefde gesien daar in jou oë
Jy is in die blomme, wind, en tyd
'n Vlinder jy sprei jou vlerke wyd
'n Vlinder in die wind...
Waar letters van gedigte jou weer vind

Jy is nou 'n vlinder in die wind
Vlieg waar skadus jou nooit vas sal bind
Jy is vry, jy is vry

Jou liefde bly binne my
Die winde fluister saggies jou naam
Vlinder vlerke dra jou na die maan

Die paaie wat jy my wys
Elke tree, stap jy saam met my
Die lewe gee en vat, maar ek onthou
Om elke dag met liefde te omvou

Laat gaan, laat vlieg, laat lewe nou begin
Dis jou lag wat fluister jy's nog altyd binne-in

Jy is nou 'n vlinder in die wind
Vlieg waar skadus jou nooit vas sal bind
Jy is vry, jy is vry
Want jou liefde het binne my kom bly
Die winde fluister saggies jou naam
Vlinder vlerke dra jou na die maan
Vir ewig
Vir ewig sweef ons saam

Jy is nou 'n vlinder in die wind
Vlieg waar skadus jou nooit vas sal bind
Jy is vry, jy is vry, jy is vry.
Jou liefde het binne my kom bly
Saam my Na die maaan

Jou liefde het binne my.
Kom bly

WRITERS

Sonet Shields

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other