LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Krag Af!

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Jy sê dis ek en jy
Jy sê ek moet eerder ry
Maar ek is hier, ek is vry
Dis net hier waar ek sal bly

In die donker van ons stad
Flikker 'n vlam in die middel van die pad
Ek mis die dae toe ons kon droom
'n Reënboog nasie sonder skroom
Die mense fluister
Daar is hoop en ek luister
Maar dan sê hulle ek's te wit
Hulle sê ek moet eerder uit sit...

Krag af!
Maar ons hou aan skyn.
Wie bou?
Wie breek?
Dis tyd om te besluit!

In die jare van onsekerheid
Het ek aanhou hoop
Bevryding vir die meerderheid
Verandering sal kom
Daar is hoop, al is ons stom
Soos die wêreld draai,
Sal 'n nuwe dag aanbreek

Ou leiers van die ANC
Mense wat wou gee en gee
Vir 'n beter suid-afrika
Waarheen is hulle?
Wat het gebeur?

In die jare van onsekerheid
Het ek aanhou hoop
Bevryding vir die meerderheid
Verandering sal kom
Daar is hoop, ons is nie stom
Soos die wêreld draai,
Sal 'n nuwe dag aanbreek

Ons is moeg vir onregverdigheid
Ons wil bou, ons wil help
Maar daar's net korupsie en rusbanke vol dollars,
Of 'n rits blou lamborghinis
Proteste in die strate
Riool en trane bars uit hul nate

Ek bid net vir 'n lig
is daar iets in sig?

Krag af!
Maar ons hou aan skyn.
Wie bou?
Wie breek?
Dis tyd om te besluit!

Vlam van verandering is klein,
Maar dit gloei
Selfs al is die nag lank,
Sal ek vas staan
Opstaan
Sterk staan
Vir die land van ons DNA

In die jare van onsekerheid
Het ek aanhou hoop
Bevryding vir die meerderheid.
Verandering sal kom
Daar is hoop, ons is nie stom
Soos die wêreld draai,
Sal 'n nuwe dag aanbreek

Ons liggies kom saam in die nag
Ons toekoms sal liefde reën
En wanneer 'n nuwe dag aanbreek
Sal 'n reënboog ons weer seën
Sal 'n reënboog ons weer seën
Sal 'n reënboog ons weer seën
ons weer seën
ons weer seën

WRITERS

Hermanus Cronje

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Enjoyment

Sentiment
Thumbsup Icon
Theme

Substance Use