LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Gees van 'n boer

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
As jy in my oë in staar
En my oeroue siel beloer
Dan sal jy sien, dit is waar
Jy kyk na die gees van 'n boer
Al woon ek nou in 'n stad
En bou ek hier my bestaan
Stap my gees nog met 'n lat
En jaag die beeste rustig aan
Want diep in my hart lê grond
Waar my vaders se spore loop
Ons bid nog steeds gesond
Hierdie hart sal nie uitverkoop
Die wêreld vat my ver
Waar plaas en stad nou bots
Die wortels van wie ek was
Hou my stewig soos 'n rots
Hard het my volk al geword
Deur die dorings van dié land
Maar daar's altyd kos op my bord
Met die Here aan ons kant
Swaar is die lewe soms nou
Maar my boerehart bly sterk
Net aan God bly ek getrou
Saam sal ons die land bewerk
Want diep in my hart lê grond
Waar my vaders se spore loop
Ons bid nog steeds gesond
Hierdie hart sal nie uitverkoop
Die wêreld vat my ver
Waar plaas en stad nou bots
Die wortels van wie ek was
Hou my stewig soos 'n rots
Al sê mense ons het verander
En die boer is nou daarmee heen
Op ons biltong bly koljander
En ons kniel nog saam vir reën
Luister mooi na hierdie woorde
Kyk nog eenmaal, net vir oulaas
In elkeen se siel, soos tevore
Anker ons vas aan 'n plaas
Ja diep in my hart lê die grond
Waar geloof en hoop saam leef
Solank ek nog asem in my longe vind
Sal ek staan vir wat God my gee
Want al vat die wêreld my ver
Nuwe paaie sonder vrees
My siel bly 'n boer op die aarde
Dis wie ek is.. dis wie ek bly wees

WRITERS

L van Niekerk

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Enjoyment

Sentiment
Thumbsup IconThumbsup Icon
Theme

Religion