My liewe man, my pikkewyn, my geliefde wese
Tien jaar al en jy bly nog my eerste keuse
Nie net sewe sakke sout gesleep nie
Maar al deur storms wat ons nie kan breek nie
Van klein dorpies tot vêr paaie in woestyn
Van oos na wes geklim oor elke duin
Partykeer moeg, stukkend en klaar
Maar altyd met ons hande in mekaar
Ek onthou nog daai klein klippie geskenk
So klein vir die wêreld, maar vir my so groot
Dit was die begin van óns storie daai
Ons eie liefde van 'n ander soort
Want huis was nog altyd waar jy is
My veilige plek, my grootste rus
Deur elke lang pad, deur elke stryd
Het ons liefde altyd sterk gebly
Ons baklei soms, ons dwaal soms weg
Maar vind mekaar weer op elke brug
En ek sal weer en weer vir jou kies
Tot die dag wat die hemel ons roep
Dankie vir elke sagte soen op my hoof
Vir die kreefduike, lieflike kos op die stoof
Elke aand op die pad saam met jou
Ek is so trots ek is jou vrou
Oor berge waar brieke nie altyd gewerk het nie
Met jou het ek geleer dat liefde nie perfek is nie
Dis twee mense wat bly vashou deur die pyn
Selfs wanneer die lewe nie altyd mooi wil skyn
Jy is hardegat soms, dit weet ons altwee
Maar jy is myne, en ek kies jou weer en weer
Ons het saam 'n lewe uit herinneringe gebou
Uit lag en uit trane, uit geloof en uit trou
En ek dank Jesus elke dag vir jou bestaan
Vir die man en die pa wat so sterk langs ons staan
Ek bid nog vir nog honderd jaar saam met jou mee
Vir dae waar ons op die stoep sit, oud met tee
Lag tot die trane loop oor alles wat ons oorleef het
Ons liefde wat ons oor storms laat sweef het
En al vat die lewe jou soms ver paaie
Hoop ek stilletjies jy sal altyd terugkom
Daar sal my hart altyd bly
Want huis was nog altyd waar jy is
Die plek waar my hart in vrede rus
Tien jaar later staan ek steeds hier by jou
Met dieselfde belofte, dieselfde trou
Ons boek se laaste bladsy lê nog ver
Daar wag nog drome onder elke ster
En maak nie saak wat die jare bring nie
Ek sal altyd joune wees, vir ewig en vir altyd