Die eerste keer dat ek jou gewaar
Met die eerste draai was jy nogsteeds daar
Moet erken ek hou van wat ek sien
Jy sal meer moet doen om my te verdien
My liefde moet net in jou hart kan lê (Net in jou hart kan lê)
Dis waarom ek jou nou net wil sê
Ek vra jou wys my, wys my jou hart
As jy my hand in joune vat
Vra ek jou wys my, wys my eers jou hart
Die oomblik toe jy my aanraak
Het ek geweet dat ek jou myne maak
Ek het bly hoop jy is vir my bedoel
Laat jou mure val dat liefde oor jou spoel
My liefde moet net in jou hart kan lê (Net in jou hart kan lê)
Dis waarom ek jou nou net wil sê
Ek vra jou wys my, wys my jou hart
As jy my hand in joune vat
Vra ek jou wys my, wys my eers jou hart
Wys dat jy my hart by jou wil hê
Ek vra jou wys my, wys my jou hart
As jy my hand in joune vat
Vra ek jou wys my, wys my eers jou hart
Ek vra jou wys my, wys my jou hart
As jy my hand in joune vat
Vra ek jou wys my, wys my eers jou hart