Jy vertel my van 'n land met sy legendes
En van sprokies wat deur dik en dun bestaan
Liefde wat te sterk was vir towenaar-ellêndes
'n liefde wat ons weet nooit sal vergaan.
Jy weet daar is niemand wat die wereld weer kan wysmaak
Want daar is niemand wat sal glo wat ons twee het
Sonder helde sonder hemele waar wyse hekse waak
Het jy my met 'n prins se hart kom red
In al die fabels en verhale saam
Was daar nog nooit 'n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
En elke keer as die boek toeslaan
Fluit-fluit jou storie is uit
'n held vir my 'n held vir my
Fluit-fluit jou storie is uit
'n held vir my 'n held vir my
'n held vir my 'n held vir my
Daar's 'n pyl en boog in al my hart se woorde
En jy skiet briefies oor my grys kasteel se muur
Buite staan jou goue koets wat heelnag deur die koue
Vlinder volg en dwergies laat bestuur
En jou swaard hang reg om reuse te verower
Want jy weet vir jou sal ek dieselfde doen
Wolwe wag om elke draai en dan is daar nog rowers
Vat my nou voor ander dit dalk doen...
In al die fabels en verhale saam
Was daar nog nooit 'n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
En elke keer as die boek toeslaan
Fluit-fluit jou storie is uit
'n held vir my 'n held vir my
Fluit-fluit jou storie is uit
'n held vir my 'n held vir my
'n held vir my 'n held vir my