LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Bouvallig

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Geraamtes in die kas
'n kraak in die muur
'n bouvallige huis
Geen vensters of skanier
'n skildery wat skeef hang
Sy kleure het verslaan
'n kind wat na jou staar
Besig om te vergaan

Ooo vat my hand en ly my hierdeur
Want ek is verdwaald ja alweer
Jy gee my krag jy gee my hoop
Jy maak die deure vir my oop

'n Sonstraal val deur 'n gaping
Op 'n gebreekte wynglas
Die balke kraak en die wind waai
Sterk maar die huis bly steeds daar staan
En as jy praat weergalm jou
Stem met 'n koue wind van buite
'n ou teddie beer lê daar geskeur
Van 'n kind wat lankal nie meer leef

'n Trap wat kraak onder my voet
Lei na 'n kamer wat altyd toe was
Die stof lê dik van herinneringe
Wat ek weggebêre het, ja
Maar in die spieël sien ek skielik
Nie die skade van wat was nie
Maar 'n weerkaatsing van jou lig
Wat deur die skeur in my bly skyn

Ooo vat my hand en ly my hierdeur
Want ek is verdwaald ja alweer
Jy gee my krag jy gee my hoop
Jy maak die deure vir my oop

Ooo vat my hand en ly my hierdeur
Want ek is verdwaald ja alweer
Jy gee my krag jy gee my hoop
Jy maak die deure vir my oop

WRITERS

Martin Esterhuizen

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Enjoyment

Sentiment
Thumbsup IconThumbsup IconThumbsup Icon
Theme

Substance Use

From This Artist