LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Wys my jou kaneelsuikersmile

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Pannekoek, pannekoek
Draai hom om en kyk hoe hy lyk
Kaneel, suiker
Strooi hom dik en rol hom styf

Hier rek die ry langs die saal se muur
Die suiker staan en wag
Die tannies bak en die ooms hou dop
Die panne draai en mense lag

Selfs dominee swaai die pannekoekpan
Sweet slaan uit op sy gesig
En voor jy weet staan nog 'n ouderling
Met 'n kaneelsuikersmile op sy gesig

Wys my jou kaneelsuikersmile
Kaneelsuiker vryf
Wys my jou kaneelsuiker smile
Nog 'n pannekoek in jou lyf

Deeg in die bak en die blinkwarm pan
Draai hom om so vinnig jy kan
Rol hom op met 'n vurk wat tol
Suiker en kaneel die heel bord vol

Gee hom suiker, gee hom lyf
Lag en praat in die basaar se ry
Pannekoek, pannekoek warm uit die pan
Nog een vir die mense wat nie kan wag nie man

Pannekoek warm uit die pan
Kaneel en suiker vir elke man
Rol hom op met 'n vurk wat tol
Gee hom suiker en maak hom vol

Wys my jou kaneelsuikersmile
Kaneelsuiker vryf
Wys my jou kaneelsuikersmile
Nog 'n pannekoek in jou lyf

Wys my jou kaneelsuikersmile
Kaneelsuiker vryf
Wys my jou kaneelsuikersmile
Nog 'n pannekoek in jou lyf

WRITERS

Dirk Van Eeden

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Enjoyment

Sentiment
Thumbsup IconThumbsup Icon
Theme

None