LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Martha se tafel

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Martha se tafel dra die merke
Van handewerk lank voor haar tyd
Meel rus stil in ou meskerwe
Waar koeksisters vorm gekry het

Martha strek oop die gordyne
Haar arms baai in eerste lig
Die werf lê verstar onder wit ryp
Voor sy kers tussen duim en voor vinger snuit

Martha laat rys doek van deeg
Haar hande ken die slag daarvan
Sy sny die stroke, vleg behendig
Drie sagte stringe word verenig

Drie sagte stringe word verenig
Drie sagte stringe word verenig
Waar 'n kerk by haar tafel opstaan

'n Tarentaal skeur die oggend oop
Ma se erdebak val en breek
Martha sak tussen die skerwe
Haar knie steek vas
Na jare op die vloer
Sy gryp die tafel
En kom weer orent

Drie sagte stringe word verenig
Drie sagte stringe word verenig
Waar 'n kerk by haar tafel opstaan

Op haar spieëlkas lê 'n kam
Laventel hang in die lug
Sy trek 'n streep
Rooi oor haar lippe
En sit haar glimlag aan
In die kombuis
Val lig deur die venster
Dit rus oor kors
En donker stroop

Martha se tafel
Dra die offer

Martha se tafel
Dra die offer

Martha se tafel
Dra die offer

WRITERS

Dirk Van Eeden

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Sadness

Sentiment
Thumbsup Icon
Theme

Sexual