Wat sê jy van moeilikheid
Die wereld's klaar in geleende tyd
Ons wandel in geleende tyd
Soos 'n seewier in die see se stroom
Van ondergronds tot bo-oor ons
Die tyd is min maar nietemin,
Tree vir tree en sin vir sin
Dis radikaal maar die waarheid's kaal
Of ons hoor of in die kiem wil smoor
Maar wat help dit mens die ewige gepeins
Met jou hande in jou hare
En eendag kom jy op die ou end af
Op die mens wat jy geword het
En jy sê jou naam en neem daarmee saam
Oe, die mens wat jy geword het
Die tyd is min maar nietemin,
Tree vir tree en sin vir sin
Dis radikaal maar die waarheid's kaal
Of ons hoor of in die kiem wil smoor
Wat sê jy van moeilikheid
Kyk die wereld's klaar in geleende tyd
Ja, ons wandel in geleende tyd