In 'n klein dorpie waar die straatligte saggies brand
Waar stofpaaie kronkel deur die veld
Het ons kaalvoet geloop tot by Oom Joe waar hy op sy banjo speel
En gelag sonder rede, ons harte was gevul en lig
Laat aande speel ons nog in die straat
Niemand wat worry oor hoe laat dit raak
Pp elke hoek en draai was daar 'n vriend
'n wêreld so groot, maar tog so gemeen
Ons het op die dakke geklim net om sterre te sien
Met drome so groot soos wat net kinders kan droom en gevoel dis wat hulle verdien
Oupa Piet se grys kop, het altyd gelag en geterg
Smeer maar bietjie hoender mis vir die nerf af knieg...
By die dam en die veld, met 'n stok in die hand
Het ons visse gaan vang langs die Schoemans dam
Klippe gegooi tot die water spat wyd
Dit was ons wêreld...ons lewe... ons mooiste tye saam
By Oupa en Ouma Piet het ons gespeel tot laat in die nag
Ons het gedans op ons drome en kinderlag...
Dis ons kinderdae, hou dit vas, hou dit vas
Waar die tyd stadig loop en die oomblikke pas
Ons het gesing en gedans tot die môre weer kom
In 'n klein dorpie waar ons harte nog woon
Dis ons kinderdae, dis waar liefde begin
Waar elke straatlig nog 'n storie inbring
Met vriende vir altyd, deur dik en deur dun
Ja dis waar ons lewe, waar alles begin
Nou as die nag weer stil oor die dorp kom lê
Kan ek nog hoor hoe ons saam lag en sê
"Moet nooit verander nie, bly net hier"
Maar tyd het gevlieg... en nou verlang ons weer na ons kinder dae en ouma Siena se koekie bak...
Dis ons kinderdae, hou dit vas, hou dit vas
Waar die tyd stadig loop en die oomblikke pas
Ons het gesing en gedans tot die môre weer kom
In 'n klein dorpie waar ons harte bly hoop
Dis ons kinderdae, dis waar liefde begin
Waar elke straatlig nog 'n storie inbring
Met vriende vir altyd, deur dik en deur dun
Ja dis waar ons lewe begin het...dis hier in EEloff waar alles vir n oomblik weer heel gevoel het...